DIE ROOIELS SEKURITEIT ASSOSIASIE VOORSTEL
ONS SLAGSPREUK – “MAAK ROOIELS ’N VEILIGER PLEK”
DIE ENTITEIT
RESA is ’n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy wat deur die gemeenskap besit word met die doel OM ROOIELS ’N VEILIGER PLEK TE MAAK. RESA is gevorm met hierdie één doelwit voor oë.
DIE VOORSTEL
Die aanvanklike doelwit van RESA is om ’n gemeenskapsgedrewe, deelnemende veiligheidsoplossing vir alle Rooiels-huiseienaars daar te stel. Dit sal ’n aanvang neem deur ’n enkele maatskappy te kontrakteer om veiligheidsdienste aan Rooiels te verskaf as ’n toegewyde 24/7 Rooiels gebaseerde diens. Indien die gekose Veiligheidsdiensverskaffer (VDV) nie aan die verwagte standaarde voldoen nie, sal hul kontrak opgeskort word en ’n ander diensverskaffer in hul plek gesoek word. Weer eens sal die huiseienaars van Rooiels besluit wie dit sal wees. Daar sal tydens die Algemene Vergadering op 17 Desember daaroor gestem word. Sodra alles gereed is en ’n infrastruktuur ontwikkel is en goed funksioneer, kan toekomsplanne ontwikkel word om die algehele veiligheid van Rooiels uit te brei en te verbeter. Die huidige RESA-inisiatief is maar net ’n begin, en nie die finale oplossing nie.
DIE ROL VAN RESA
RESA sal ’n kontrak met ’n VDV sluit om ’n 24 uur/7 dae per week veiligheidsmonitering en reaksiediens op Rooiels te verskaf. RESA sal die administrasie van die ledegeld oorneem en die veiligheidsgebaseerde kantoor op Rooiels voorsien. Hulle sal al die ledegeld ontvang en elke maand aan die VDV ’n enkelbedrag oorbetaal waarop daar in die kontrak ooreengekom is en wat die ledegeldbydraes reflekteer. RESA sal die gehalte veiligheidsdienste wat die VDV aan Rooiels-huiseienaars lewer, monitor en as kommunikasieskakel optree tussen die VDV en die gemeenskap waar dienste wat gelewer is nie voldoen aan die standaarde wat vereis of verwag word nie. Die visie van RESA is om ’n groter veiligheidsbetrokkenheid te hê, insluitend wat brand, ongelukke, stormskade en gesondheidsnoodgevalle betref. Ons personeel, voertuie, vrywilligers en kommunikasietoerusting sal bystand verleen indien enige bogenoemde voorvalle sou voorkom.
DIE VOORDELE
Dit is tot die VDV se voordeel om RESA as hul enkelbetalende kliënt te hê en dit dus nie vir hulle nodig is om die administrasie van 200 persone of meer te behartig nie. Hulle sal egter steeds verantwoordelik wees vir elke lid se huisveiligheidsdiens. Hulle sal ook te alle tye ’n uiters sigbare teenwoordigheid op Rooiels hê, asook die ondersteuning van RESA deur die bes moontlike diens te lewer. Die voordeel vir huiseienaars is dat ons nou met een stem gaan praat en nie 200 aparte stemme nie om sodoende die gehaltediens te kry wat ons verlang. RESA verwag dat die gemiddelde reaksietyd op alarmsirenes binne vyf minute onder normale omstandighede sal wees. Heelwat korter as wat tans die geval is. Op die oomblik is daar een VDV wat amper ’n monopolie handhaaf en soos met alle monopolieë is dit die kliënt wat hul aanbod moet aanneem of laat staan. RESA is van voornemens om hierdie situasie te verander en die veiligheidsmaatskappy verantwoordelik te hou vir dienslewering, of hulle sal die moontlikheid dat die Rooiels-kontrak opgeskort kan word in die gesig moet staar. Met behulp van RESA sal die mag van die betalende kliënt weer in die hande van die huiseienaars van Rooiels wees. Die ander noodgevalle waarna hierbo verwys word, sal nou ook oor hulpverlenende RESA-lede beskik.
DIE KOSTE
RESA sal die kantoorruimte waar die veiligheidswagte gebaseer sal wees vir R3 000 per maand huur – met 200 lede kom dit neer op R15 per lid. Die rede waarom RESA die kantoor huur en nie die VDV nie, is dat ons die beheer van die infrastruktuur wil behou sodat, indien ons van VDV verander, dit maklik is om te doen. Ons beoog om ’n deeltydse kantoorbestuurder aan te stel – die begroting is R5 000 per maand of R25 per lid. Die lopende kantoorkoste beloop R1 000 per maand of R5 per lid. Ander uitgawes van R1 000 per maand of R5 per lid sal daartoe bydra dat die koste vir RESA ’n maksimum van R50 per maand beloop. Die feit dat RESA die veiligheidsbasis voorsien sal in ag geneem word tydens die kosteonderhandelinge met die VDV. Ons hoop om die nuwe ledegeld wat aan RESA betaal moet word so na aan die huidige vlak as moontlik te hou. Dit mag dalk meer wees en daar sal ’n jaarlike hersiening van die ledegeld wees maar DIE SUKSES VAN RESA HANG GROOTLIKS AF VAN DIE AANTAL LEDE – hoe meer lede, hoe groter is die bedingingsmag en hoe laer die koste per lid. Die koste om die RESA-maatskappy op die been te bring is deur die inisieerders gedra en die lopende koste sal baie min verdere uitgawes insluit as dié wat reeds in die huidige plan vervat is, veral indien ons een van die eienaars wat ’n rekenmeester van beroep is kan kry om die nodige klein oudit gratis of teen ’n bekostigbare prys te doen. Ons is ook besig om ’n Borgskaplid-program van stapel te stuur waarin ons lede wat oor die finansiële vermoë beskik, vra om ons te help met enige eenmalige kapitaalkoste, soos die koste om RESA op die been te bring of om toerusting te opgradeer om dienste te verbeter. Dit sal ’n voortdurende inisiatief wees wat ons hoop diegene wat kan in staat sal stel om te help waar ander dit nie kan beskostig nie.
DIE VEREISTES VAN DIE VDV
Om ’n toegewyde 24/7 reaksiediens daar te stel wat op Rooiels gebaseer is, met ’n ooreengekome reaksietyd en ’n diensvlakooreenkoms wat die verpligtinge en verantwoordelikhede van die VDV uiteensit. Die VDV sal aan die huiseienaars verslag moet doen deur middel van RESA waar daar nie aan die verwagte diensleweringstandaarde voldoen is nie.
DIE BESTUUR VAN RESA
Dit sal soos ’n maatskappy bestuur word maar met vrywillers wat dien op ’n Werkskomitee en ’n Raad van Direkteure wat lede van die Werkskomitee mag insluit. Hul rekeninge sal geoudit word en die bankrekeninge sal in hul eie naam wees. ’n Konstitusie word tans opgestel en sal riglyne bied aan die bestuur daarvan. Kommunikasie met lede sal per e-pos geskied en vergaderings met lede en die VDV sal op ’n beplande of noodsaaklikheidsgrondslag geskied. Die administrasie van die rekeninge sal gratis gedoen word deur Twinoaks Investment Management, besit deur Mark Butler, wat oor administrasiestelsels beskik wat baie maklik is om te gebruik as dit eers opgestel is. Om al die lede se ledegeld te bekom, sal ’n omskakelingsproses wees wat tyd verg.
Soos enige maatskappy, sal bestuur alle opsies oorweeg om ons veiligheid so koste-effektief moontlik te verbeter en sal voorstelle aan eienaars voorlê om oor te stem indien hulle voel daar is genoeg geld op die spel om daaroor te stem. Lede sal gewoond moet raak aan talle e-posse wat van hulle sal verlang om op te tree – dit is die manier waarop die maatskappy bestuur sal word. Maar ons sal elke Desember ’n Algemene Vergadering belê en waarskynlik ook in die middel van die jaar tydens die skoolvakansie.
DIE VISIE VIR RESA
Alhoewel RESA se onmiddellike doelwit is om die basiese veiligheid op Rooiels te verbeter deur ’n plaaslike kantoor te skep, groter sigbaarheid, korter reaksietye en doeltreffender alarmstelsels (almal onder RESA se bestuur), hou die toekoms geen perke in nie. RESA SE DOELWIT IS OM AKTIEF BY ANDER VORMS VAN VEILIGHEID BETROKKE TE RAAK – BRAND, STORMS EN VLOEDE, ONGELUKKE EN GESONDHEIDSNOODGEVALLE. Daar word gehoop om hierdie aspekte onder die RESA-sambreel te inkorporeer soos ons veiligheidsbehoeftes op Rooiels gedefinieer en ontwikkel word.
In hierdie stadium moet RESA egter weet wat die vlak van ondersteuning is vir ons eerste stap – DIE PLAASLIKE 24/7 TEENWOORDIGHEID VAN ’N GEKWALIFISEERDE ROOIELS VEILIGHEIDSREAKSIESPAN WAT ONDER DIE RESA-VAANDEL WERKSAAM IS.
Indien ons voldoende ondersteuning kry, behoort hierdie verbeteringe met die huidige veiligheidsdiensbydraes op Rooiels haalbaar te wees. Dit sal egter ’n hoë vlak van ondersteuning van die inwoners van Rooiels verg en DIT SAL VAN ELKEEN SE STEM AFHANG.
DIE VERLOOP VAN SAKE
Die eerste stap is om alle eienaars te laat stem om te sien of hulle RESA wil ondersteun. Dit sal gedoen word deur middel van ’n stemmery by die Algemene Vergadering op Woensdag 17 Desember om 10:00, met volmagstem om dieselfde tyd. Indien die stemmery ten gunste is van RESA, sal ons alle Rooiels- veiligheidsrekeninge ten gunste van RESA wil verander. Dit kom daarop neer dat alle inwoners hul huidige betaling na RESA moet verander deur hul stoporders by die bank ten gunste van RESA te reël, of hul veiligheidsdiensmaatskappy te vra om hul bestaande debietorders te kanselleer en ’n stoporder ten gunste van RESA te reël. Die bedrag ter sprake sal reeds by die Algemene Vergadering oor besluit word. Ons sal die volledige instruksies hieroor voorsien.
Die kantoor sal gehuur word vir Desember en Januarie om ons in staat te stel om so gou moontlik aan die gang te kom sodra die uitslag van die stemmery bekend is.
DIE RESA-BESTUUR
Die Raad en Werkskomitee sal uit huiseienaars bestaan oor wie daar gestem sal word tydens die Algemene Vergadering. Ons wil graag noem dat elke eienaar daarop geregtig is om op hierdie RESA-liggame te dien. Maak dus asseblief jul gewilligheid bekend om op die Raad te dien en ons van hulp te wees. Dit is uiters noodsaaklik en RESA maak daarop staat. E-pos ons asseblief oor jul bereidwilligheid by [email protected] sodat ons dit vóór die Algemene Vergadering met elkeen kan bespreek.