Fantastiese fotos van die luiperd. Die luiperd was vanmiddag agter die bobbejane aan hier bokant Porter Drive teen die berg. Brian Henley buurman het hom gesien (14 May). Ongelukkig geen fotos My seun Hougaard het hierdie foto oor die naweek geneem naby Rooiels met sy drone van ‘n dooie witdoodhaai. Lyk of hy verstrengel geraak het in ‘n tou. Ek sien al die boeie word weer uitgesit vir die “kreef” sensus?????. Wanneer gaan ‘n walvis ook verstrengel raak in van die toue? Met GPS tegnologie deesdae is daar geen nodigheid vir boeie en toue in die see nie. Julle sal dalk beter weet om die regte mense in te lig omtrent hierdie saak. Dankie en Groete Chris Malan
0 Comments
|
Photos and anecdotes from RooielsersPlease share the beauty Archives
May 2024
Categories |